Laerskool Selection Park

Geloof wat lei,
Waardes wat vorm.

Naskool Sentrum

Ons naskoolsentrum by Laerskool Selectionpark is ‘n veilige en versorgende omgewing vir u kinders na skoolure. Ons bied ‘n gestruktureerde program om leerders met hul huiswerk te help en verseker dat hulle aktief en besig bly. Ons sentrum is oop gedurende skoolvakansies, maar sal gedurende die Desember-vakansie sluit.

Navrae:
011 362 6858

U kan ook direk Chevonne Bronkhorst skakel vir meer inligting.

Tariewe

Die fooie is betaalbaar oor 11 maande (Januarie tot November) en moet voor of op die 7de van elke maand betaal word.

2026 Tariewe 

  • Eerste kind: R1285.00 per maand
  • Tweede kind: R1190.00 per maand
  • Derde kind: R1130.00 per maand


Daar is ‘n spesiale tarief indien kinders slegs 3 dae per week die naskool bywoon. Hierdie tariewe word in die naskoolsentrum-ooreenkoms uiteengesit.

Naskool
Inskrywingsvorm

Laai die 2026 Naskool inskrywingsvorm
hieronder af: