Laerskool Selection Park

Geloof wat lei,
Waardes wat vorm.

Inskrywings

Welkom by die Laerskool Selection Park inskrywingsbladsy. Ons is opgewonde dat u dit oorweeg om u kind deel te maak van ons familie! Hieronder is al die nodige inligting en dokumente om die inskrywingsproses so vlot as moontlik te laat verloop.

Hoe om in te skryf

Graad RR-R

Besoek ons vennoot vir meer inligting rondom die inskrywings vir Graad RR-R.

Graad 1 - 7

Daar is geen inskrywingsfooi vir leerders wat in hierdie grade inskryf nie.

Benodigde Dokumente:

  • Geboortesertifikaat van die kind
  • ID’s van beide ouers
  • Bewys van adres
  • Immuniseringskaart
  • Oorplasingskaart van vorige skool
  • Meeste onlangse rapport

Skoolfonds

Skoolfonds is vooruitbetaalbaar en moet voor of op die 7de van elke maand betaal word.

Let Wel: Die rekeninge vir Graad R/RR en Graad 1-7 word afsonderlik bestuur. Maak asseblief aparte betalings indien u kinders in albei kategorieë het.

2026 Skoolfonds:

  • R1120 per kind per maand oor 11 maande (Januarie tot November), wat ’n totale bedrag van R12 320.00 per jaar is. Die finale bedrag sal by die AJV bekragtig word.

Bank Besonderhede

Vir internetbetalings, gebruik asseblief u unieke 5-syfer REKENINGVERWYSING (Familiekode) wat bo-aan u rekening verskyn, as die verwysing.

  • Naam van Rekening: LAERSKOOL SELECTIONPARK
  • Bank: FIRST NATIONAL BANK (FNB)
  • Rekeningnommer: 6292 580 9959
  • Takkode: 253742
  • Tipe Rekening: BUSINESS ACCOUNT / CURRENT