Die skoolfonds vir 2025 is R1050 per kind per maand (betaalbaar oor 11 maande). Vir 2026 is die voorlopige skoolfonds R1120 per kind per maand. Let asseblief daarop dat hierdie tariewe by die Algemene Jaarvergadering (AJV) bekragtig sal word.
U kan ‘n aansoekvorm aflaai vanaf die “Inskrywings” bladsy op ons webwerf. U sal ook die volgende dokumente benodig: u kind se geboortesertifikaat, beide ouers se ID’s, bewys van adres, en u kind se immuniseringskaart. Vir graad 1 tot 7 benodig u ook die oorplasingskaart en rapport van die vorige skool.
Skoolfonds is vooruitbetaalbaar en moet voor of op die 7de van elke maand betaal word. U kan betalings doen via EFT na die skool se bankrekening. Maak seker u gebruik u 5-syfer rekeningverwysing (Familiekode) as die verwysing. Die bankbesonderhede is op die “Inskrywings” bladsy beskikbaar.
Ja, ons bied ‘n naskoolsentrum aan. Die 2025 fooie is R1200 per maand vir die eerste kind, met afslag vir addisionele kinders. Naskoolsentrum fooie is ook vooruitbetaalbaar en die sentrum is oop gedurende skoolvakansies (behalwe Desember). U kan die kontrak aflaai en meer inligting vind op die “Naskoolsentrum” bladsy.
Laai die D6 Connect toepassing af en volg die stappe op die “Tuisblad” om u selfoonnommer en ‘n wagwoord te registreer. Sodra u ‘n unieke token via SMS ontvang het, kan u dit in die toepassing aktiveer om u kind se profiel te koppel. Die app sal u toegang gee tot huiswerk, punte, en meer.
Laerskool Selectionpark is geleë in Selectionpark, Springs. U kan ons kontak by (011) 362 6858/9 of via e-pos by admin1@laerskoolselectionpark.co.za. Die skool se volledige adres kan op die “Inligting” bladsy gevind word.